Suidoosterfees opens at Artscape

The seventh edition of the popular Suidoosterfees kicks-off on 26 January at the Artscape Theatre Centre. The weeklong family festival caters for all cultures. It offers exciting performances including children’s productions, whiskey tasting, jazz music, drama, films, book discussions, gospel, as well as thirteen hour-long presentations on District Six.


Krismis van Map Jacobs (± 1,5 ure)

Die toneel speel af op die Cape Flats in die sewentigerjare. Map Jacobs se struggle is baie van ons se struggle.

Regie David Kramer
Met Christo Davids in die hoofrol.

TEATER
26 tot 30 Januarie 2010
R80

BOOK NOW

 


Bonfire (± 1 hour)

This show by the Bonfire Theatre Company simply happens in front of your eyes, without rehearsal. Do not miss this unique theatre!

ARENA
27 & 30 Januarie 2010
R50

BOOK NOW

 


Disco Divalicious (±1 hr)

Welcome to the cool world of Disco Divalicious with Diva Deluxe Irit Noble in full funk attitude, backed by her slick, sharp and very sexy cast, comprising five of South Africa's grooviest dancers.

THEATRE
27 January 2010
R70

BOOK NOW

 

Dens Wit Me (± 1,25 hrs)

Don’t miss this Ikwezi Festival winning production in English and Afrikaans. Andrea is a bright, talented twenty-something who works for a firm of contract cleaners. She toils every night in the same office block, cleaning up after the laarnies. Then she gets the chance of a lifetime to put her dancing talent to the test by auditioning as a back-up dancer for a big local hip-hop star. After a lot of self-doubt and bulldozing by her co-workers, she takes the plunge - but trouble lurks around every corner in the form of the venomous supervisor, Mrs van Schalkwyk.

ARENA
27 to 31 January 2010
R55

BOOK NOW

 

Vaselinetjie (± 1,5 ure)

Die gewilde boek nou op die verhoog met Vinette Ebrahim & Theodore Jantjies saam met 14 hoërskoolleerders.

Vaselinetjie, ’n wit weggooikind in ‘n klein dorpie in die Noord-Kaap word deur ‘n bruin paar, wat sy as haar ouma en oupa ken, grootgemaak. Toe Vaselintjie 10 jaar oud is, stuur die Welsyn haar na ‘n kosskool in Gauteng – die weeshuis waar Madiba se weggooikinders bly.

TEATER
28 tot 31 Januarie 2010
R60

BOOK NOW

 

Huiskok Glanskok Live! (± 1 uur)

Errieda du Toit en Francois Ferreira neem die gehoor op ‘n visuele en woord-kosreis deur hulle kombuise, deur die seisoene, deur die jare en die geheime van elkeen se spens, deur ‘n keur van kleurryke kosstories, kwinkslae en koswenke met die gehoor te deel.

Ná die vertoning kan Huiskok Glanskok gekoop word vir ondertekening deur Errieda en Francois.

ARENA
28 Januarie 2010
R60

BOOK NOW

 


Die Naaimasjien (± 1,25 ure)

Verlede jaar se volhuistreffer terug vir slegs een opvoering!

Dié Nagtegaal Tekspryswenner vertel met deernis en humor die storie van die 78-jarige Magdaleen, wat in haar ouetehuiskamer sit en afskeid neem van haar metgesél van 55 jaar – haar naaimasjien.

TEATER
28 Januarie 2010
R85

BOOK NOW

 


Kaapse Karnaval (± 1 uur)

Dis karnaval in Kaapstad en die hele stad is in rep en roer. Kom kyk hoe ons reënboognasie hom voorberei vir die groot geleentheid. Van die kareoke-klub in Kraaifontein tot die hoekie vir eensames in Vishoek-Wes: almal is opgedress, almal is daar. Vlymskerp sketse kombineer met nuwe musiek deur Emile Minnie.

ARENA
28 tot 31 Januarie 2010
R65

BOOK NOW

 


Jakes Gerwel Gesprekkereeks (± 2 ure)

Besonderhede van die onderwerp vir bespreking word in die media aangekondig.

VIP ROOM
29 Januarie 2010
R20

BOOK NOW

 


Wordwise Kinderfees:

29 – 31 Jan met:
Oppasdiens vir 4 – 12 jariges van 10:00 – 22:00 - R10 per dag

Lappies en die Bosveldbende (± 40 minute)
Ken jy dié leeu se naam? Dis Lappies – die Bosveldprins en troonopvolger van Pappa Leeu, die koning. Daarom leer, speel en beleef Lappies elke dag soveel moontlik avonture saam met sy maats.

ISIBAYA
29 tot 31 Januarie 2010
R10
_______________________________________

Avonture in Poppeland DVD:
30 minute - R5
Alle ander aktiwiteite

 


O’se Distrik 6 (± 1 hrs)

The thirteen hour-long episodes are a unique combination of archival and documentary footage, studio discussions and music from the district.

Special package: See all episodes 13 for only R80

VIP ROOM
29 to 31 January 2010
R10

BOOK NOW

 


All Soaped Up (± 1,25 hrs)

Award-winning star of stage and screen, Terence Bridgett slides off the small screen and onto the cabaret stage. He takes a frank, revealing behind-the-scenes look at life as a ‘Soap Star’ and the thin, often blurred, always gilded line between fact, fantasy, foam, fluff, fame and fiction

ARENA
29 to 31 January 2010
R60

BOOK NOW

 


Boekhoek

Ilza Roggeband met 50 Stemme
Adriaan Meyer met Prinsloo Versus
Riana Scheepers met Katvoet
Francois Bloemhof met Moenie dat die grootmense hoor nie
’n Gedramatiseerde voorlesing uit Brandkuiken met Dehon Joubert
Tobie Wiese met Die Verhaal van Elandskloof

TEATERFOYER
Gratis



 


Bure Oppie Bank (± 1,25 ure)

Wanneer die manne van Bure Oppie Bank bymekaarkom, spat die twak. 7de Laan-akteur Zane Meas (mnr. Meintjies) en Binnelanders se Neels van Jaarsveld (dr. Gideon) is Toks Abrams en sy buurman. Moenie dié lekker tong-innie-kies-komedie misloop nie!

Met Zane Meas en Neels van Jaarsveld

ARENA
29 tot 31 Januarie 2010
R70

BOOK NOW

 


Whisky en Sjokolade (± 1,5 ure)

Vyf verskillende Skotse enkelmoutwhiskys word geproe, elkeen met ’n sjokolade wat daarby pas. Leer alles oor die maak van whisky en sjokolade en bederf jouself met ’n gastronomiese ervaring. ’n Feeskringloop treffer.

VIP ROOM
29 tot 31 Januarie 2010
R65

BOOK NOW

 


Sonspel (± 2 ure)

Die span wat verlede jaar soveel opspraak gewek het met die populêre 'Poespas' is terug by die fees met Die Son se 'Sonspel' – soveel meer as net ‘n skouspel! ‘Sonspel’ bring hulde aan die 'Musical Greats' met 'n party wat gaan skrik vir niks!

TEATER
29 Januarie 2010
R70

BOOK NOW

 


Delicious Divas (± 1 uur)

Delicious Divas is ‘n ekstravaganza-vertoning met ‘n kinkel in die kabel.

Met Virginia Davids, Elizabeth Frandsen en die fopdosser Dainti Delischia

ARENA
29 tot 31 Januarie 2010
R85

BOOK NOW
 


Films

Eietydse treffers uit die tagtigerjare

Mamza (± 1,5 ure) met Lulu Strachan, Anthony Wilson, Edward Soudien & Leslie Fong
Die Posman (± 1,5 ure) met Donovan Davids, Dot Feldman, Anthony Schaïdy & Othelia Wilson
Tojan (± 1,25 ure) met Nicky Roberts, Goliath Davids & Lisa Young
Sexy Girls (± 1,5 ure) met Jamie Bartlett, Ivan Lucas, Tina Scouw & Denise Newman

VIP ROOM
R20

BOOK NOW

 


David Kramer se Kaapse Breyani (± 1,5 ure)

Daar is gejol, afgeklop, getokkel, gemoppie en gevastrap. Die hele program het jou met ’n glimlag op die gesig laat sit - DIE BURGER

Ná die uitverkoopte vertonings van by verlede jaar se Suidoosterfees, keer David Kramer terug met slegs twee vertonings.

TEATER
30 & 31 Januarie 2010
R90

BOOK NOW

 


Lira in concert (± 1 hr)

Three times SAMA Award winner, Lira, sings at the Suidoosterfees for one performance only.

THEATRE
30 January 2010
R70 | R80 | R90

BOOK NOW

 


Boeke-ontbyt met Anoeschka von Meck (± 2 ure)

Kom geniet ‘n smaaklike ontbyt en voed die siel met Anoeschka wat gesels oor Vaselinetjie.

OPERAKROEG
30 Januarie 2010
R90

BOOK NOW

 


Tango met Amanda Strydom en Jeanne Els (± 1 uur)

Die dinamiese duo, Jeanne Els en Amanda Strydom, vertel en sing van slippers en kamerjas-kaperjolle, van geure en kerse en mooiweer.

OPERAKROEG
31 Januarie 2010
R90

BOOK NOW

 


Bedazzled – Pizzazz in Concert (± 1hr)

The Pizzazz String Quartet brings together the talent of four young ladies who offer a fresh, dynamic approach to the performance of classical music.

ARENA
31 January 2010
R40

BOOK NOW

 


Just me (± 1 hr)

Charismatic Cape Town performer Alistair Izobell and his band take audiences on an exciting musical trip.

THEATRE
31 January 2010
R70

BOOK NOW

 


Suidooster Konsert (± 2 ure)

Die moeder van alle musiekkonserte. Kom geniet die opwindende klanke van die Black Tie Ensemble, Virginia Davids en vier Kaap Rapport 2010 wenkore. ‘n Moet vir die musiekliefhebber.

TEATER
31 Januarie 2010
R80

BOOK NOW

 


Jazz

With Melanie Scholtz Trio, Mark Williams Trio, 13th Street, Nomfusi, Tanswill Nero Quartet, Monique Hellenberg and Vivacious Voice Singers.

DIE BURGER TENT - PIAZZA
29 to 31 January 2010
Free


 

 

 


Gospel

With Tiro, Basic, Antioch Hip-Hop Ministry, Jonathan Rubain Band & Zane Meas, Restoration Ministries (spiritual dance), Courtney du Preez, Real Life Ministries creative team, Without Walls Praise Team & Shireen Cyster

DIE BURGER TENT - PIAZZA
31 January 2010
Free